Daar kan vanuit verskillende perspektiewe na feer gekyk word. Teoretici verskil oor hoe om die begrip te definieer. Party meen dat leer 'n relatief permanente verandering in gedrag is as gevolg van ervarings. Ander meen weer dat leer 'n relatief permanente verandering in verstandsassosiasies is as gevolg van ervarings (Ormrod, 2003). Albei definisies beskryf leer as 'n 'relatief permanente verandering' en dat die 'verandering plaasvind as gevolg van ervarings'. Die twee definisies verskil in die opsig dat die een leer as gedrag beskryf en die ander as verstandsassosiasies. Dit dui op die verskil in fokus tussen verskillende leerteoriee - sommige fokus op die veranderings in gedrag met verloop van tyd wat deur omgewingsfaktore veroorsaak word; ander teoriee fokus meer op die interne verstandsprosesse (denke) as op sigbare gedrag (Ormrod, 2003).

Vervolgens word die ontwikkeling van leerteoriee kortliks weergegee.

2.1.3 Leerteoriee

Leerteoriee het oor dekades heen ontwikkel. Ormrod (2003) se skematiese voorstelling van die evolusie van leerteoriee word vervolgens verskaf.

2.1.3.1 Die evolusie van leerteoriee

Ormrod (2003:190) stel die evolusie van leerteoriee soos volg voor:

Vroee sielkunde (gebruik van nie-objektiewe metodes soos introspeksie)

Beweging na groter objektiwiteit en die studie van waarneembare gebeure

Behaviorisme (fokus op stimuli en response)

Erken dat mens kan leer deur waarneming van ander

Sosiale leerteorie (fokus op onderrig deur

waarneming)

Inlywing van verstandsgebeure by teoretiese verduidelikings

Sosiaal-kognitiewe teorie (vertolking van

waarnemingsonderrig volgens die kognitiewe prosesse)

Verhoogde aandag aan bepaalde verstandsverskynsels (bv. kinders se redenasies)

Vroee' kognitiewe perspektiewe (bv. Piaget en Vygotsky) (fokus op interne verstandsgebeure)

Bestudering van verstandsgebeure op wetenskaplike wyse

Kognitiewe leerteorie

A

Fokus op verwerking en konstruering van inligting

1 1

Inligting-

verwerkingsteorie

Konstruktivistiese teorie

Figuur 2.1 Die evolusie van leerteoriee Bron: Ormrod (2003:190)

Vervolgens word die invloede van enkele van die leerteoriee wat in die voorafgaande figuur aangedui word, bespreek en uitgelig.

2.1.3.2 Enkele vroee kognitiewe perspektiewe

Kognitiewe leer is leer wat plaasvind as gevolg van veranderings in kognisie (Louw, &

Edwards, 2003). Dit is belangrik om in gedagte te hou dat kognitivisme, inligtingverwerking en sosiale konstruktivisme juis hul oorsprong in kognitiewe teoriee het.

(1) Piaget se kognitief-strukturele teorie

Piaget (1976) het 'n aantal idees en konsepte voorgestel om die veranderings in logiese denke wat hy by kinders en volwassenes waargeneem het, te beskryf en te verduidelik (Ormrod, 2003):

• Kinders is aktiewe en gemotiveerde leerders. Kinders is nuuskierig en soek doelbewus inligting om hul wereld te verstaan. Hulle eksperimenteer gedurig met die voorwerpe waarmee hulle te doen kry, manipuleer dinge en neem die gevolge van hul optrede waar.

• Kinders konstrueer kennis uit hul ervarings. Kinders se kennis is nie beperk tot 'n versameling van geTsoleerde stukke inligting nie. Kinders gebruik die inligting wat hulle versamel om 'n geheelbeeld te vorm van hoe die wereld werk (dit is een rede waarom Piaget se teorie 'n konstruktiewe teorie genoem word). Volgens Piaget se teorie organiseer kinders wat hulle leer en weet as skemas - groepe soortgelyke denke of optrede. Met ervaring word hierdie skemas aangepas en word dit beter gemtegreer met ander skemas.

• Kinders leer deur twee komplementere prosesse, naamlik assimilasie en akkommodasie. Piaget stel dat leer en kognitiewe ontwikkeling voorkom as gevolg van bogenoemde komplementere prosesse. Assimilasie kom voor wanneer 'n leerder met 'n voorwerp of gebeurtenis, wat met 'n bestaande skema ooreenstem, te doen kry. Dit gebeur egter soms dat 'n kind met 'n voorwerp of gebeurtenis te doen kry wat nie so maklik 'n verband met 'n bestaande skema toon nie. Een van die volgende twee tipes akkommodasie kan nou voorkom: 'n kind wil 'n bestaande skema aanpas om die nuwe voorwerp of gebeurtenis te akkommodeer of die kind sal 'n totaal nuwe skema skep om daarby aan te pas.

• Interaksie met die fisiese en sosiale omgewing is noodsaaklik vir die kognitiewe ontwikkeling van die kind. Deur met sy/haar w§reld (sand, water, meet, bou, ensovoorts) te eksperimenteer of dit te manipuleer, kan leerders oorsaak-gevolg-verbande, of eienskappe soos volume of gewig, ontdek. Sosiale interaksie het as moontlike uitkoms/gevolg dat kinders besef dat verskillende mense dinge verskillend ervaar. Die kind besef dat die eie ervaring nie noodwendig 'n absoluut akkurate of logiese weergawe van die wereld is nie, maar dat hy/sy uniek is.

• Die balansproses bring mee dat die kind vinniger na meer komplekse denke vorder. As kinders nuwe gebeure gemaklik kan verduidelik met behulp van bestaande skemas, verkeer hulle in 'n balanssituasie (Piaget, 1976). Hierdie balans hou egter nie altyd aan nie. Wanneer die balans versteur word omdat die kind nie met die bestaande skemas 'n gebeure kan beskryf nie, ontstaan h verstandswanbalans. Nou word skemas vervang, herorganiseer of selfs beter gemtegreer (deur akkommodasie) om hierdie gebeure te verstaan. Hierdie beweging van balans na wanbalans en terug na balans word

balansering genoem. Die strewe van kinders na balans bevorder die ontwikkeling van

meer komplekse vlakke van denke en kennis. Dit word ook organisasie genoem.

• Ontwikkeling van die verstand kan steeds voorkom selfs nadat geneties gekontroleerde neurologiese veranderings plaasgevind het. Piaget (1976) meen dat verstandsontwikkeling deels afhanklik is van die rypwording (volwassewording) van die

brein. Dis waarom kinders nie soos volwassenes kan dink nie.

Vervolgens word Piaget (1976) se skematiese voorstelling van kognitiewe funksionering weergegee. Assimilasie Inkorporeer bestaande kognitiewe struktuur

Invariante kognitiewe funksies

in Verandering van

bestaande kognitiewe struktuur

Meer komplekse struktuur

Figuur 2.2 Kognitiewe funksionering volgens Piaget Bron: Piaget (1976) volgens Louw etal. (1998:76)

Piaget se teorie is konstruktivisties van aard omdat dit aanneem dat leerders hul konsepte op die wereld toepas om dit te verstaan (Byrnes, 1996). Hierdie konsepte is nie aangebore nie, maar word eerder bekom deur kinders se normale ervarings. Inligting vanuit die omgewing word nie outomaties ontvang nie, maar word volgens die leerder se heersende verstandstrukture geprosesseer. Kinders verstaan hul omgewing en konstrueer die werklikheid gegrond op hul huidige vermoens. Hierdie basiese konsepte ontwikkel tot meer gesofistikeerde sienings namate ervaring toeneem (Schunk, 2000).

(2) Vygotsky se teorie van kognitiewe ontwikkeling

Vygotsky (1978) se teorie van kognitiewe ontwikkeling behels die volgende (Ormrod, 2003):

• Komplekse verstandsprosesse begin as sosiale aktiwiteite; as kinders ontwikkel, intemaliseer (verinnerlik) hulle hierdie prosesse en gebruik dit onafhanklik. As gevolg van sosiale interaksie kom kinders agter hoe ander mense om hulle dink oor dinge en gebeure. Volgens Vygotsky is dialoog met ander mense onontbeerlik vir die ontwikkeling van hul verstand - dit word deel van hul innerlike. Kinders redeneer met mekaar omdat nie alle verstandsprosesse ontwikkel as kinders met volwassenes in wisselwerking is nie. Hierdie redenasies help kinders om 'n saak vanuit verskeie ander sienings as hul eie te beskou.

• Denke en taal word tydens die vroee kinderjare toenemend interafhanklik. Vygotsky stel dit dat denke en taal aanvanklik vir kinders twee aparte funksies is. Dis eers as kinders begin praat, dat taal en denke een funksie word. Wanneer dit gebeur, begin die kind om hardop met die self te praat (privaatspraak). Vygotsky meen dat hierdie privaatspraak ontwikkel in innerlike gesprek, wat beteken dat die kind in sy verbeelding in gesprek met hom/haarself is. Kinders gee verbaal vir hulself aanduidings hoe om take en aktiwiteite aan te pak en af te handel. Deurdat kinders met hulself praat, leer kinders om hul eie gedrag deur moeilike take en komplekse optrede te rig soos wat volwassenes dit eers vir hulle gedoen het.

• Deur middel van informele gesprekke en formele skoolopleiding dra volwassenes die maniere oor waarop hul eie kultuur die wereld interpreteer. Die mate waarin kinders aan hul spesifieke unieke kultuur blootgestel word, sal bepaal hoe die kultuur se unieke begrippe, idees en oortuigings deur die kinders van daardie kultuur verstaan word. Vygotsky se teorie impliseer dat daar 'n groter diversiteit in kinders se verstandsontwikkeling sal wees as wat Piaget gemeen het.

• Kinders kan meer gevorderde uitdagende take voltooi as hulle deur meer gevorderde bevoegde individue ondersteun word. Vygotsky beskryf twee tipes vermoens wat kinders op enige tydstip sal he: die een is die boonste perk van dit wat hy/sy onafhanklik en op sy/haar eie kan doen (actual developmental level) en die ander is die boonste perk (limiet) van dit waartoe die leerder in staat is as hy/sy hulp van 'n meer bevoegde individu sou kry (level of potential development). Hierdie hulp wat die kind ontvang, word 'steiers'

(scaffolds) genoem. Om 'n kind se ware verstandsontwikkeling te bepaal, moet die kind

se vermoe alleen en met die hulp van 'n meer bevoegde individu, geassesseer word.

• Uitdagende take bevorder die maksimale ontwikkeling van die leerder se verstand. Vygotsky noem die take wat'n kind nie alleen nie, maar met die hulp van ander kan doen, die sone van nabye ontwikkeling (zone of proximal development). Dit sluit in die kind se vermoens wat slegs begin het om te ontwikkel, soos om te leer en probleme op te los. Hierdie sone van nabye ontwikkeling verander voortdurend. Vygotsky stel verder voor dat dit juis lewensuitdagings is wat voortdurend kognitiewe ontwikkeling stimuleer en teweeg bring.

Vygotsky (1978) se teorie het ook 'n konstruktiewe inslag (Schunk, 2000) omdat die sosiale omgewing as 'n leer- en ontwikkelingsfasiliteerder optree. Die siening van selfregulering as 'n fenomeen is deur Vygotsky se teorie bemvloed. Om selfregulering te fasiliteer, is metakognitiewe tussengangers soos beplanning, kontrolering en evaluering nodig. Leerders kan op verskillende maniere gehelp word om kognitiewe tussengangers (bv. tekens en simbole) te bekom deur middel van die sosiale omgewing. 'n Algemene toepassing sluit die konsep "onderrig" deur 'onderrigsteiers' (scaffolding) in. Dit beteken dat elementte van 'n taak wat te moeilik vir die leerder se vermoens is, gekontroleer word sodat die leerder kan fokus op dit wat hy/sy wel verstaan en kan doen (Schunk, 2000). Hoewel hierdie siening van onderrig deur middel van steiers nie deel is van Vygotsky se teorie nie, pas dit tog in by die sone van nabye ontwikkeling.

Piaget en Vygotsky het elkeen in eie reg 'n bydrae gelewer tot die ontwikkeling van kognitiewe leerteorie, maar ook tot die konstruktivistiese leerteorie, wat telkens aangedui is.

Omdat die onderhawige studie vanuit die sosiaal-konstruktivistiese benadering beskou word, word die teorie besondere aandag.

2.1.4 Fokus op sosiale konstruktivisme

I dokument Att konstruera historiska förklaringar : Vad elever kan behöva lära för att kunna resonera om orsak samt tolka och använda källor inom gymnasieämnet historia (sidor 79-83)