Enige bespreking van "metakognisie" sou onvolledig wees tensy melding gemaak

word van Schoenfeld se baanbrekerswerk in Wiskunde.

2.4.9.2 Schoenfeld

Schoenfeld se bydrae tot die verstaan van die rol wat "metakognisie" vervul in die leer en

leerfasilitering van Wiskunde is welbekend. Schoenfeld (1987:190) laat horn soos volg uit oor

metakognisie:

Metacognition has the potential to increase the meaningfulness of students'

classroom learning, and the creation of a "mathematics culture" in the

classroom best fosters metacognition ... that a "microcosm of mathematical

culture" would encourage students to think of mathematics as an integral

part of their everyday lives, promote the possibility of students making

connections between mathematical concepts in different contexts, and build

a sense of community of learners working out the intricacies of

mathematics together.

Kyk: 2.4.10.1 Tabel 2.11 en 2.12 vir die verduideliking van die metakognitiewe veranderlikes wat hier genoem word.

Schoenfeld (1987) is van mening dat daar drie wyses is waarop daar na metakognisie by die leer van Wiskunde verwys kan word: oortuigings en intu'fsies, kennis asook selfregulering. Hy verduidelik hierdie beginsels soos volg:

(1) Oortuigings en intu'fsies is die idees van Wiskunde wat leerders na die leergeleentheid toe bring en die wyse waarop hierdie idees leerders se leer bei'nvloed. Schoenfeld beskou leerders as persone wat hul eie wiskundige raamwerke wat gegrond is op hul oortuigings, intuTsie, en vorige ervarings bou en wat probeer om te verstaan en sin te maak van hul wereld (Schoenfeld, 1987).

(2) Kennis oor die eie denkprosesse handel oor die akkuraatheid van die beskrywing van die eie denke. Schoenfeld (1987) laat horn soos volg uit oor hierdie aspek:

How accurate are you in describing your own thinking?...Good problem solving calls for using efficiently what you know: if you don't have a good sense of what you know, you may find it difficult to be an efficient problem solver (Schoenfeld, 1987:190).

Leerders se benadering tot 'n taak en hul verstaan van die wyse waarop die taak opgelos moet/kan word, word onder meer bei'nvloed deur die mate waarin hulle hul eie vermoe om te leer, realisties kan assesseer.

(3) Selfregulering word gedefinieer as:

How well do you keep track of what you are doing when, for example, you're solving problems, and how well (if at all) do you use the input from such observations to guide your problem solving actions? (Schoenfeld,

1987:190).

Anders gestel: leerders is bewus van hul eie denke en of daar vordering gemaak word met die oplossing van die probleem.

Teen die agtergrond van die bydraes wat enkele individuele grondleggers tot die konsep

metakognisie gemaak het as verheldering tot die begrip, is dit in hierdie stadium gepas om te

poog om die begrip metakognisie te definieer.

2.4.10 Metakognisie

Metakognisie is Y\ bree konsep wat gebruik word om te verwys na 'n verskeidenheid

epistemologiese prosesse wat moeilik is om te begrens (Brown, Bransford, Ferrara & Campione, 1983). Hoewel sowel sielkundiges as opvoedkundiges saamstem oor die belangrikheid daarvan om metakognisie in klaskamers te implementeer, bestaan daar groot verskille onder navorsers oor hoe die term metakognisie gedefinieer behoort te word

(Alexander, Schallert & Hare, 1991). Ek gaan vervolgens enkele definisies van die begrip verskaf.

Ter inleiding word genoem dat leerders wat metakognitief bewus is van hulself as leerders, strategiee het om uit te vind, of uit te dink, wat hulle moet doen wanneer hulle gekonfronteer word met 'n taak wat nie roetineoplossingsprosedure(s) verg nie. Die gebruik van metakognitiewe strategiee aktiveer die leerders se denke, wat tot meer diepgaande leer en verbeterde prestasie kan lei (Anderson, 2002). Die verstaan van en die kontrole oor kognitiewe prosesse is van die belangrikste vaardighede wat die fasilitering van leer in die klaskamer kan ondersteun.

Vervolgens word nog enkele definisies van die begrip metakognisie verskaf.

2.4.10.1 Enkele definisies van metakognisie

Tabel 2.10 Definisies en/of bespreking van metakognisie

Outeur(s) Definisies en/of'n kort bespreking van metakognisie Gavalek

en Raphael (1985)

Metakognisie word beskryf as 'n individu se vaardighede om kognitiewe

aktiwiteite aan te pas om beter te verstaan.

Paris en Winograd (1990)

Selfwaardering (self-appraisal) en selfbestuur (self-management) van kognisie is twee eienskappe wat by metakognisie ingesluit word. Selfwaardering is persoonlike refleksies deur leerders op hul eie kennis en vaardighede, hul affektiewe siening van hul eie kennis, vermoens, motivering en eienskappe as leerders. Sulke refleksies verskaf inligting aangaande

leerders se kennis en die denkproses wat leerders volg om besluite te neem oor wanneer en hoe om (kennis-) strategiee te gebruik. Selfbestuur verwys na metakognisie in aksie. Met ander woorde, dit is die verstandsprosesse wat help om aspekte van probleemoplossing te bestuur - dit omvat die planne wat leerders maak voordat die probleem opgelos word, die aanpassings wat gedurende die oplossing van die probleem gemaak word, asook die hersiening van die oplossing aan die einde van die taak.

Brown en Palinscar (1982)

Effektiewe denke en effektiewe leer vereis gereelde kontrole, doelwitstelling, herwaardering van dit wat gedoen is of waarmee besig is, asook die evaluering van die uitkoms.

Vir die doel van my studie, sal die definisie van die begrip metakognisie as volg daar uitsien: Metakognitiewe kennis Metakognisie

V

Metakognitiewe selfregulering Kognitiewe strategies

Begripskaarte opstel, hoofpunte opsom, doelwitte stel, uitbrei na verwante of vorige kennis, bewus wees van eie denke,

vordering/korrektheid kontroleer, konsentrasie behou

Bron: Aangepas uit Ertmer en Newby (1996)

Figuur 2.10 Skematiese voorstelling van metakognisie

Metakognitiewe kennis of oortuigings word verkry deur ervarings en word in die langtermyngeheue gestoor onder 'sake rakende die menslike verstand en die werking daarvan' (Papaleontiou-Louca, 2003). Hierdie kennis handel oor faktore en veranderlikes se optrede en interaksies wat die uitkoms of rigting van kognitiewe take bemvloed (Papaleontiou-Louca, 2003). Daar bestaan kennelik etlike raakpunte tussen Ertmer en Newby (1996) se siening van metakognitiewe kennis en leerteoretici se insigte oor inligtingverwerking.

Die drie veranderlikes waarna Flavell (1979) (2.4.9.1) verwys, wat ook so pas hierbo genoem is en wat leerders help om bepaalde keuses uit te oefen, word vervolgens kortliks bespreek.

Tabel 2.11 Flavell se bespreking van persoons-, taak- en strategieveranderlikes

I dokument Att konstruera historiska förklaringar : Vad elever kan behöva lära för att kunna resonera om orsak samt tolka och använda källor inom gymnasieämnet historia (sidor 120-141)